HARTSTOG
Deur Marius Buys
My godin u mond,
sagte kus op smagbaare lippe
aangeraak met die uitlokking wat daaragter wag. . .
Bloed stort soos n wilde waterval deur my hart. . .
bruis taboe gedagtes deur my brein. . .
en verbode visioene,
van satyn en verstrengelde lywe,
wat soos vegtende slange daarin verdwyn.