Welcome oh wordlover...do you, like me, yearn for others eyes to hungrily devour your most inner toughts transcribed. Then I summon the wordsmith within thee to put the words within thee to public display! mail to mariusbuys@gmail.com

SONDEVAL
Deur Marius Buys
In die tuin. . .
was daar n man. . .
Dis die man in die tuin en die groen gras groei daar rond. . .
en in die man, was daar n rib. . .
en in die rib, was daar n vrou. . .
en in die vrou, was daar n saad. . .
en in die saad, was daar n boom. . .
en in die boom, was daar n vrug. . .
en in die vrug, was daar n hap. . .
So. . . dis. . . die. . .
hap in die vrug,
en die vrug in die boom,
en die boom in die saad,
en die saad in die vrou,
en die vrou in die rib,
en die rib in die man,
in die Tuin waar AAAL daai nonsens begin het. . .
en hoekom die gras altyd groener aan die anderkant lyk.