Welcome oh wordlover...do you, like me, yearn for others eyes to hungrily devour your most inner toughts transcribed. Then I summon the wordsmith within thee to put the words within thee to public display! mail to mariusbuys@gmail.com

LANKAL VRY
Deur Marius Buys
Gevangene
sy laaste maal. . . smullend. . . onnatuurlik bly
sy wag, vra oor die vreemde vroom voor die ewige nag.
Met oe vol lewe verduidelik die man:
"Kyk hoe die sonlig , die tralievenster, tralieloos in my glasbak reflekteer...
met elke hap verskuif, degenereer...
die ligkurwe verander in die nagereg se val, reelmatig. . .pal.
My geheim,
kan ek jou vertel,
deur daardie venster,
is n wereld sonder julle traliehel.
Ek,
is eintlik,
nie hier. . .
ek's net n prentjie in jou brein. . .
soos goebekende lirieke in n woordelose refrein. . .
ek's lankal deur daardie venster bevry, voor hy vernou, my virewig vashou. . .
in julle verbroude lewenskou. . .
julle wagte sien slegs julle eie drogbeelde wat julle in julle koppe aanhou van my. . .
ek's lankal vry. . .
Son toe.